
Op die Skerm
Daar was heelwat programme die afgelope jaar wat ’n mens (om verskillende redes) bybly, maar een van die wat kop en skouers uittroon, is die Afrikaanse kykNET-drama Orion.
- BeeldNuus - en skakels na meer ...

Jakhalsdans - die Rolprent
Onderhoude met Deon oor die herkoms van die draaiboek, mediadekking en 'n uittreksel uit die teks ...
Transito - die TV-reeks
Deon se oorspronklike reeks vir kykNet.
Onderhoude met die akteurs, foto's uit die reeks self, video-uitreksels.
Orion - die TV-reeks
Die TV-reeks oor Deon se boek, met Neil Sandilands, Albert Maritz en Erica Wessels. Meer oor die akteurs, foto's uit die episodes, en video-uittreksels.

13 Uur
Die filmregte van '13 Uur' is in Augustus 2009 toegeken aan 'n rolprentspan in Londen, Malcolm Kohll and Robert Fig. Roger Spottiswoode (Under Fire, Tomorrow Never Dies,) sal die regie hanteer. 'n Draaiboek word nou ontwikkel.

Proteus
Het jy geweet: Proteus se fimlregte is bekom deur 'n Suid-Afrikaanse maatskappy. Hulle beplan om die fliek in Suid-Afrika te skiet, met Amerikaanse en plaaslike akteurs. Verfimling kan teen middel 2010 begin.

Feniks
Britse fliek? Feniks was die eerste van Deon se boeke waarop filmregte geneem is. Die bekende Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer Johann Potgieter het die draaiboek in 2008 gefinaliseer. Verwagte verfilming in Kaapstad: 2011.