
Jongste nuus
Gesien by die Kaapse Boekebeurs...
Georganiseerde Misdaad: Tydens 'n gesprek oor Suid-Afrikaanse misdaadfiksie, was van links Margie Orford, Richard Kunzman, Deon Meyer en Mike Nicol.
Transito kry sy eie bladsy
Wil jy meer weet oor Transito, die TV-reeks op KykNet?
'Film en TV' is die jongste toevoeging tot dié webwerf, en op Transito se blad kan jy onderhoudelees met die sterre, foto's sien uit die reeks - en hoor wat die media daarvan dink. (Video's kom ook eersdaags ...)
Bottervis in die Jêm herdruk:
Bottervisse in die jêm, Deon se gewilde kortverhaalbundel, is pas herdruk - en en reeds by boekwinkels beskikbaar.
Die bundel bevat 13 lekkerlees-stories, waaronder die titelverhaal, Die Krokodilletjie, Om 'n Man te Vang, en Die Daniëlla-dossier.
Waar kom die verhale vandaan? Deon sê:"Soos die meeste aspirant-skrywers, was ek maar baie onseker oor my vermoë om my werk verkoop te kry. (En as ek heeltemal eerlik moet wees: die vrees dat my stories totale mislukkings kan wees, het my steeds nie gelos nie.)
Lys van toekennings
- ATKV-prys vir beste draaiboek: Orion-televisiereeks - in 2007
- Proteus wen die Deutsche Krimi Preis in 2006.
- Infanta ontvang die ATKV Prosaprys in 2004.
- Orion (Franse titel: Les Soldats de l'aube) wen Le prix Mystère de la critique 2004.
- Proteus ontvang die ATKV Prosaprys in 2003.
- Feniks (Franse titel: Jusqu'au Dernier) ontvang Le Grand Prix de Littérature Policière 2003.
- Orion wen die ATKV Prosaprys in 2000.