JAGVELD

Hoe lyk n draaiboek? Hoe skryf n mens n draaiboek? Waarom skryf Deon enigsins rolprente?

Waar kan ek leer oor draaiboeke? Wat is die verskil in skryfbenadering tussen n draaiboek en n roman? Waar kan ek een van Deon se draaiboeke in die hande kry? Ons het die fliek gesien, nou wil ons die boek lees. Waar kan ons dit koop? Gaan jy n boek skryf oor di fliek? Gaan jy n fliek maak oor di boek?

JAGVELD en Ander Draaiboeke is in die eerste plek bedoel om vier stories as alternatiewe lekkerlees-ervarings aan te bied veral omdat hulle nie in die gewone roman-formaat beskikbaar gaan wees nie: : Die Ballade van Robbie de Wee, Jakhalsdans, Die Laaste Tango en die splinternuwe Jagveld wat op 17 Maart in teaters open.

En di nuwe bundel gaan boonop probeer om al die bogenoemde vrae te beanwoord.

In boekwinkels en digitaal beskikbaar op 1 Maart.

Jagveld
  • Afrikaanse e-Boeke nou op die Kindle en iPad

    • Al Deon se Afrikaanse romans - en een kortverhaalbundel - is nou ten volle in e-formaat beskikbaar, ook eindelik vir die Kindle (en Kindle-programme vir iPad, iPhone, Android-tablette en -fone) by alle Amazon-webwinkels.

      Jy kan dit ook vir jou iPad en iPhone aflaai by Apple se iStore, of laai die Kalahari App (Kalahari.com eReader) af - en besoek dan Kalahari en koop die e-boeke.

      Ook lesers wat Kobo of die Nook verkies, kan nou die Afrikaanse e-boeke maklik bekom.

Die jongste filmnuus