
Afrikaanse e-Boeke nou beskikbaar
Al Deon se Afrikaanse boeke is nou beskikbaar in elektroniese formaat, by die volgende Internet-boekwinkels:
Apple iBooks (vir die iPad en iPhone), Tesco eBooks (Brittanje), Foyles (Brittanje), Easons Internet Shop, Van Stockum (Nederland), Books Etc (Brittanje), eBookshoppe (Brittanje), Diesel e-books (VSA), eBook Mall (VSA), Powells (VSA), Direct eBooks (Ierland), All Romance (VSA), Kobo Books (Kanada), Waterstones (Brittanje), Barnes and Noble (VSA).
Kindle:
NB-Uitgewers is nou besig om met Amazon te onderhandel vir die beskikbaarstelling van die Afrikaans op die Kindle (en Kindle Apps) en nuus hieroor word binne enkele weke verwag. Hou hierdie ruimte dop vir besonderhede ...
Jongste nuus
Een speurder. Ses Slagoffers. Sewe Dae ...
Ek sal elke dag ‘n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla, lees die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin hy hulle afmaai.
Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar’s geen motief nie, geen leidrade nie, net ‘n reeks naakfotos, ‘n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media, en die meedoënlose, onpeilbare sluipskutter.
En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van die drank in toom probeer hou.
Sewe dae van hel.
'Dertien Uur' wen Boeke-prys and Barrytoekenning
The Boeke Prys Fanatics Choicetoekenning vir 2011 is die jongste eer vir 'Dertien Uur', net twee weke nadat die boek aangewys is as die Beste Spanningsroman in die Barry Awards by Bouchercon in St Louis, VSA, op 15 September 15.
"Dit was 'n reuse-eer om tuis en oorsee dié soort erkenning te kry," sê Deon.
Dié roman was ook op die kortlyste vir die 2011 Macavity Award vir Beste Speurroman, die Britse CWA International Dagger-toekenning en die Suid-Afrikaanse Sunday Times-letterkundeprys. Dit het in 2009 die ATKV-Prys vir Beste Spanningsroman en die Mees Filmiese Roman-toekenning van M-Net ontvang.
Spoor in Frans, Duits en Engels
Spoor was vir twee maande die nommer een topverkoper in Suid-Afrika, en word in 2011 in Engels in die VSA, Brittanje en Kanada uitgereik met die titel 'Trackers'.
In Duitsland sal dit in Oktober beskikbaar wees (Duitse vertaling: 'Rote Spur') en in Frankryk teen September. Die Franse titel is nog nie bekend nie. (Loer gerus op die Engelse blad na die voorblaaie van die buitelandse uitgawes.)
Die boek sal ook in 2011 en 2012 in Sweeds, Noorweegs, Nederlands en Italiaans beskikbaar wees.
Jy kan 'n kind se lewe verander
In die regte Karoodorpie waar Lemmer (protagonis van 'Onsigbaar') bly, is 'n projek aan die gang om kinders se lewens te verander - en jou bydrae sal 'n reuse-verskil maak.
Deon ondersteun die 'Ek Lewe Trust' - en doen 'n beroep op jou om dieselfde te doen.
Besoek assebleif die Trust se webwerf vir besonderhede.
Foto-galery
Gaan loer gerus na die foto-galery van onlangse nuusgebeure in die Engelse deel van dié webwerf. ("Ons sou dit graag tweetalig wou aanbied, maar werksdruk en ruimtebeperking maak dit onmoontlik," sê die webmeester.)